SA Jag Sportskiet Ope Kampioenskappe (28 - 29 November 2014)

Published on 10 November 2014

Die eerste SA Jagters Sportskiet kampioenskappe vind plaas op 28 en 29 November 2014 by die Excalibur skietbaan te Welkom. Die kompetisie sluit die pistool en rewolwer posliga handwapen items in beide randslag en senterslag in. Die snelvuur jakkals item vir semi-outomatiese gewere word aangebied. Gallery rifle proewe in beide senterslag en randslag sal plaasvind. Die "bench rest" item vir .22 randslag gewere op 50m in die grendel-aksie sowel as semi-outomatiese klasse gaan aangebied word. Dan is daar ook nog vry-staan presisie skietoefeninge op 50m vir .22 randslag sowel as vir hefboom-aksie senterslag gewere.

Kliek hier vir meer besonderhede en aanlyn inskrywings.

Please support our sponsors

orsBosveld logo 2  rssport logo     

Search

We have 12 guests and no members online