Member Evenings

Published on 21 April 2011

The monthly members’ evenings are held on the third Thursday of every month. The usual venue for our members’ evenings is Rafters Pub & Grill out on Garsfontein Road opposite Mooikloof Estate.  This is the ideal opportunity for members and their families to interact socially with their fellow hunters. After the chairman’s introduction, there are a few announcements as well as some feedback about recent and planned branch activities. This is followed by a short presentation by experts on topics of interest to our members. Themes that proved to be popular in the past include: Hearing- and Eye protection, Conservation initiatives, Jackal Hunting, Survival in the wild, Trophy measuring, “The Diana Files” – female hunters throughout history presented by author Fiona Capstick,  Taxidermy, Preparation for the Hunt, Bush Cooking and many more. Keep an eye on our calendar for each evening's topic.

Join us after the presentation for something from the bar and braai, if desired. The restaurant supplies braai packs and a variety of side dishes at between R55 en R65 per person. They also have a fully licensed cash bar.

Twice a year, usually in April and September, the members’ evening is held in the open air Lapa at Rietvlei dam. These evenings are extra special to us with hunting stories being told around the camp fires, while the jackals of the reserve howl in the distance. Rietvlei is a popular venue for families (children are always welcome). No braai packs or drinks are available at Rietvlei – bring you own picnic basket with utensils, food and drinks. We supply the braai fires.

Special mention must be made of the members’ evening in May – a highlight in our calender. This is when the annual KWV wine and brandy tasting as well as an auction is held. All proceeds of the auction go towards our conservation fund. This year however, this function coincides with the 10th birthday celebration of our branch, and the Hunter’s Association as a whole celebrates its 60th birthday.  Therefore, this year’s function will be the biggest event yet! Keep an eye on the branch news and website for more info about this event – you do not want to miss out!

Come and introduce yourself, and become part of our family!


Ledeaande

Die maandelikse ledeaand word gewoonlik gehou op die derde Donderdagaand van elke maand. Die gereelde venue vir ons ledeaande is Rafters Pub & Grill uit op Garsfontein Weg, oorkant Mooikloof Estate. Tydens hierdie geleentheid word lede en hul gesinne die kans gegun om in ’n ontspanne luim met medejagters kontak te maak. Die aand begin met ‘n verwelkoming deur die voorsitter, sowel as ‘n paar afkondigings waartydens daar ook terugvoer gegee word oor die tak se afgelope en beplande aktiwiteite. Dan is daar ’n kort aanbieding deur kundiges oor onderwerpe wat vir ons lede interessant is. Onderwerpe wat in die verlede groot aftrek gekry het sluit in: Gehoor- en oogbeskerming, Bewaringsaksies, Jakkalsjag, Oorlewing in die bos, Trofeemeet, “The Diana Files” (vroulike jagters deur die geskiedenis) aangebied deur outeur Fiona Capstick,  Taksidermie, Voorbereiding vir die jag, Boskos en vele meer. Hou die kalender dop vir inligting oor wat beplan word vir hierdie jaar. 


Na die praatjie kan diegene wat wil saam kuier en ietsie van die braai en kroeg af geniet. Die restaurant verskaf braaipakkies en bykosse teen tussen R55 en R65 per persoon en het ook ’n kontantkroeg beskikbaar.

Twee keer per jaar, gewoonlik in April en September, hou ons die ledeaand in die opelug by Rietvleidam se lapa. Hierdie aande is vir ons ekstra spesiaal en dan word daar gewoonlik jagstories vertel terwyl die kampvure brand en die jakkalse van die reservaat in die verte van hulle laat hoor. Dis ’n gewilde plek vir gesinne (kinders is ook welkom). Geen braaipakkies of drinkgoed is beskikbaar by Rietvlei Lapa nie – bring dus jou eie piekniekmandjie met eetgerei, eet- en drinkgoed (ons verskaf die braaivure).

Dan moet die Meimaand-ledeaand ook uitgesonder word as ‘n hoogtepunt van die jaar. Dis wanneer ons groot KWV wyn- en brandewynproe, asook 'n veiling gehou word. Alle opbrengste van die veiling is ten bate van ons bewaringsfonds. Omdat ons tak hierdie jaar sy 10de bestaansjaar vier en die Jagtersverenging self 60 jaar oud is, gaan hierdie jaar se funksie die grootste nog wees! Hou die taknuus en webwerf dop vir meer inligting – jy nie wil nie hierdie misloop nie!.

Kom stel jouself voor en word deel van ons familie!

Please support our sponsors

orsBosveld logo 2  rssport logo     

Search

We have 11 guests and no members online